Kim Tucci en haar man, Vaughn, het toe die nuus gekry dat hulle die ouers van nie een nie, maar vyf babas gaan word – iets wat net met een uit elke 60 miljoen gevalle gebeur.

A photo posted by Kimberley (@surprisedbyfive) on

Kim, nou ’n ma van agt, het die nuus op Facebook gedeel: “Ek is na ’n ander masjien geskuif om ’n duideliker beeld te kry en die hoofdokter het ingekom en die bevindings nagegaan.

Sy het begin tel: Een, twee, drie, vier, vyf! Het ek reg gehoor? Vyf? My bene het onbeheers begin bewe en al wat ek kon doen, was lag. Toe sê hulle vir my dis ’n vyfling.”

Kim het aan Huffington Post gesê toe sy haar man na die ultraklankvertrek roep, was hy heel opgewonde oor die nuus en het hy laat hoor: “Ons kan dit doen.”

Lees ook: Kyk die ongelooflike oomblik toe ’n ongebore babameisie sigbaar in haar ma se maag omrol! Die paartjie, wat reeds drie kinders het, het hul storie op hul Facebook-blad, “Surprised by Five”, gedeel. Kim is toe sy 24 weke swanger was, in ’n pragtige strand-fotosessie deur die fotograaf Erin Elizabeth Hoskins afgeneem.

All you need is love Can you tell which babies are which now? #Thosefaces #Bundleofbabies #Fabfive #Spreadthelove

A photo posted by Kimberley (@surprisedbyfive) on

“Die foto’s is op 24 weke geneem en sy is mooier as ooit . . . haar krag skyn deur in elke foto. Sy’s ’n ware godin,” skryf die fotograaf.

Die 26-jarige ma het op 18 Augustus verlede jaar die lewe geskenk aan vier dogtertjies en een seuntjie, met die hulp van ’n span van 50 dokters en verpleegsters.

Kim het kort ná die geboorte haar babas in ’n pragtige fotosessie aan die wêreld bekendgestel.

Lees ook: Hierdie ma se reaksie op haar dogter se wonderlike nuus is pure plesier! “Vyftig vingers, 50 tone, vyf hartkloppe wat gelyktydig klop,” het Kim by die foto geskryf. “My liggaam het sy swaarste stryd geveg om hierdie vyf babas veilig hier te kry.” In die asemrowend mooi foto’s is Tiffany, Penelope, Beatrix, Allie en Keith in kleurvolle lap toegedraai en lê langs hul ma.

A photo posted by Kimberley (@surprisedbyfive) on

Die gesin het nou hul GoFundMe-veldtog begin om geld in te samel vir ’n spesiale motor waarin al nege kan reis.

“Niemand het gedink ek sou dit kon doen nie, maar ek het. Ek het almal gewys,” sê Kim.

Bronne: HuffingtonPost, Buzzfeed, Instagram, Facebook

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Omstrede swemvideo het ouers warm onder die kraag

Ontstoke ma skryf ope brief aan skoonma’s

Hierdie gr. 2-wiskundevraag slaan almal dronk – kan jy dit oplos?

Hier is die geheim om gewig meer effektief af te skud en boonop af te hou

‘Hulle gil, skree en baklei in hul slaap!’: Kenners gee raad as jou geliefdes aan vreesaanvalle snags ly