Ma's wil hê hul baba moet veilig en gekoester in hul kamer voel. Die gebruik van Moeder Natuur se kleure en teksture kan ’n snoesige nessie vir die baba skep. Sam Scarborough, ’n skrywer oor binneversiering vir kinders, vertel hoe.

Gebruik delikate materiale met 'n ruwe mandjie

Die oënskynlike broosheid van ’n andersins stewige Mosesmandjie herinner ons die inwonertjie het liefde, teerheid en sorg nodig. Delikate borduursel op beddegoed van hoë gehalte sal pragtig kontrasteer met die ruwer voorkoms van die mandjie. Dit sal ook die delikaatheid en waarde van jou bondeltjie beklemtoon.

1312-Kids-decor-snippet-image-1

 Kombineer teksture

Ongebleikte linne en ongeverfde rottang gee ’n voorkoms van natuurlike koestering. Maar dis die kombinasie van verskillende teksture, van ruwe oopweef-borduurwerk, langhaarmatte of sagte filt, wat dié styl laat werk.

1312-Kids-decor-snippet-image-5-

Voeg 'n tikke helder kleur by

Rooi is ’n pragtige aksentkleur waarmee jy die natuurlike palet kan opkikker; dit werk ewe goed saam met rou kleedstowwe en onbehandelde hout.

1312-Kids-decor-snippet-image-4

Hou dit natuurlik

Natuurlike hout beklemtoon die eenvoud van ’n natuurlike babakamer. Die aardsheid van rou hout beeld kinderlike onskuld uit. Houtitems is ’n teken van ons ingebore liefde vir handgemaakte, spesiale goed wat met liefde en sorg vervaardig is. Dit getuig van duursaamheid en substansie; letterlik die boublokke van ’n nuwe lewe.

1312-Kids-decor-snippet-image-3

Voeg 'n tikkie tydloosheid by

Ou teedoeke voeg iets uit die verlede by; aanmekaargewerk maak hulle ’n pragtige speelgoedsak.

1312-Kids-decor-snippet-image-2

- Sam Scarborough

Sam, self ’n ma, skryf oor binneversiering en skeppende goed vir kinders. So spoor sy ander ma’s aan om skeppender in hul gesin en huis te wees. Sam het ’n binneversieringsfirma en spesialiseer in die ontwerp van produkte vir kreatiewe speelplekke en speelidees vir kinders. Vir nog wonderlike binneversieringsidees vir kinders, besoek http://www.kidsdecor.co.za/ of www.facebook.com/kids.decor.designs