Maar hier is vyf dinge wat jy dalk nie geweet het nie:

 Chloe is heeltemal gekant teen boelies. Sy is deel van Stomp Out Bullying en ons dink dis wonderlik.

 Sy het klomp broers. Geen wonder sy hou so baie van skaatsplank ry nie! Sy het vier ouer broers: Brandon, Trevor, Colin and Ethan.

Sy word steeds gehok. Om die hoofrol in blockbuster treffers te speel is groot, maar dit verseker nie spesiale behandeling in die Moretz-gesin nie. “My ma het altyd gesê as ek ’n groot kop kry, gaan sy my net vinnig uit die vermaakbedryf haal soos wat ek dit binnegekom het.”

Sy kyk op na ander bekendes. Sy wil graag eendag saam met Reese Witherspoon, Nichole Kidman, Naomi Watts en Johnny Depp werk.

- Janine Nel

Bronne: Sheknows.com, teen.com