1.   Haar regte naam was Joan Alexandra Molinsky

Sy is op 8 Junie 1933 gebore in Brooklyn, New York. Haar ouers was Joods-Russiese immigrante, en haar pa, ’n dokter, het volgens oorlewering ’n wonderlike humorsin gehad. Sy het die verhoognaam Joan Rivers gekies.

2.   Sy was in 1964 deel van ’n musiek-en-komedietrio genaamd Jim, Jake and Joan. 

3.   Sy het voor koningin Elizabeth II opgetree.

“ ’n Mens moet ’n bietjie versigtiger wees. En ek het ’n glipsie gehad; ek het f** gesê. Toe kyk ek na haar sê: “Onthoof my maar nou.’ ”

4.   Sy het die TV-wêreld verower

Haar eerste TV-verskyning was op The Tonight Show with Johnny Carson, wat sy as ’n “wonderlike mentor” beskryf het. Sy het in 1983 sy eerste vroulike medeaanbieder geword.

5.   Sy het net so lekker met haarself die spot gedryf as met ander.

“Ek wens ek het ’n tweelingsuster gehad sodat ek kon weet hoe ek sonder al die plastiese chirurgie sou lyk.”

- Megan Bursey

BRONNE: ELITEDAILY.COM, BUZZFEED.COM