1

2 John, wat al vier keer vir ’n Brit-prys benoem is, skryf en vervaardig self al sy musiek. Die snit, Love Me Again, was ’n toptreffer in Engeland, en die video daarvan het meer as 100 miljoen trefslae op YouTube gekry.

3 Hy het arm grootgeword in ’n munisipale huis in Settle, ’n dorpie in die Engelse graafskap Noord-Yorkshire. Hy was ses toe sy pa, ’n alkoholis, die gesin verlaat. “Ek, my ma (Jackie) en broer (James, nou 28) moes op ’n pond per dag oorleef. Dit was erg,” sê hy, “Ons was platsak, maar ’n hegte gesin wat omgegee het vir mekaar.”

4 Hy het ná skool gaan leer om ’n motorwerktuigkundige te word. “Maar ek was in die eerste helfte van my kursus kreatief en het karre geteken; in die tweede helfte daarvan het ek besluit ek wil musiek studeer.”

5 ’n Goedaardige breingewas is in 2012 by hom gediagnoseer en toe deur sy neus verwyder. “Dankie tog dis verby. Ek het van toe af nog net aanhoudend gewerk omdat my werk my gelukkig maak, en al die sukses ook.”

Kyk na sy treffer-musiekvideo Love Me Again:

http://www.youtube.com/watch?v=CfihYWRWRTQ

BRONNE: THEGUARDIAN.COM, ENTERTAINMENT.IAFRICA.COM, DIGITALSPY.CO.UK