• Die CW het nie dadelik van Ed Westwick gehou nie. Hulle wou nie hê Ed Westwick moes Chuck Bass wees nie omdat hy meer na ’n reeksmoordenaar as ’n romantiese ou gelyk het.

  • Leighton Meester moes ’n gedaantewisseling ondergaan vir haar rol as Blair. Sy het haar natuurlik blonde hare donker gekleur vir die oudisie.

  • Gossip Girl sou eers vir die silwerdoek uitgereik word. Die reeks sou oorspronklik ’n fliek gewees het met Lindsay Lohan as Blair Waldorf, maar dié idee is laat vaar toe die skrywers Josh Schwartz nader om dit in ’n reeks te omskep.

  • Penn Badgley het nie geweet dat Dan Gossip Girl is nie. Hy het eers die aand voor die toneel geskiet is uitgevind sy karakter is Gossip Girl.

  • Kristen Bell was Gossip Girl se stem. Sy het gehoop sy kon ook ’n paar bose rolle vertolk en dan in die laaste seisoen van die reeks as Gossip Girl uitkom.

- Janine Nel