1 Sy is behep met fiksheid. Sy boks, doen gimnastiek en hardloop graag, maar wanneer sy toer, doen sy strafkamp-tipe oefening in haar hotelkamer. Sjoe!

2 Ellie is ’n selferkende “skaam bleeksiel” en ’n regte boekwurm.

3 Sy het in 2011 by prins William en Kate Middleton se troue gesing. Sy het haar liedjie Your Song vir hul eerste dans gesing.

4 Ellie is bekend vir haar gewaagde uitrustings, maar die Lights-sangeres sê sy kies haar klere om goed te lyk, nie om naam in die musiekbedryf te maak nie.

5 Sy en Dougie Poynter (26), basspeler vir McBusted, is op die oomblik ’n paartjie.

Luister na Ellie se liedjie Beating Heart wat op die Divergent-klankbaan verskyn.

http://www.youtube.com/watch?v=miss21Qm4bI

BRONNE: BILLBOARD.COM, DIGITALSPY.CO.UK