Die 33-jarige Britse akteur is by die 87ste Oscar-prysgeleenthede Sondagaand as beste akteur vir sy rol as die fisikus en kosmoloog Stephen Hawking in die fliek The Theory of Everything bekroon.

Hier is vyf kitsfeite oor die akteur:

  1. Eddie se deurbraakrolle in Hollywood was toe hy teenoor Michelle Williams in die fliek My Week with Marilyn in 2011 gespeel het en toe hy die rol van Marius in die Oscar-benoemde fliek Les Misérables in 2012 vertolk het.
  2. Dis nie sy eerste prys vir beste akteur nie. Eddie is op 28 met die Tony-toekenning vir beste akteur vir sy rol in Red in 2010 bekroon. En in Januarie vanjaar het hy ook die prys vir beste akteur in ’n drama by die Golden Globes vir sy rol in The Theory of Everything gewen.
  3. Prins William was een van sy klasmaats by die gesogte Eton-kollege.
  4. Eddie is kleurblind en sy vrou, Hannah Bagshawe, help hom dikwels om sy klere te kies. Die paartjie is verlede Desember getroud. Hannah is ’n bestuurshoof in openbare skakelwese in die finansiële bedryf.
  5. Hy het drie broers en ’n suster, en is al een wat ’n loopbaan as akteur gekies het.

BRONNE: moviefone.com, digitalspy.co.uk