Jamie Dornan speel sheriff Graham of The Huntsman in sprokiesland. Ons is in ons noppies met die nuwe keuse vir die hoofrol in die Fifty Shades of Grey-fliek nadat die akteur Charlie Hunnam die gesogte rol laat vaar het.

Ons het beslis nie nodig om jou te oortuig dat dié hartebreker bykans enige rol kan aanpak en die kykers gelukkig kan hou nie. Dis nie asof mense die fliek vir die uitstekende draaiboek gaan kyk nie. En wie kan hulle verkwalik? Dié drie foto’s wys hoekom ons dink hy is uitgeknip vir die rol!

Hier is vyf feite wat jy dalk nie van Jamie geweet het nie.

  1. Hy was twee jaar in ’n verhouding met Keira Knightley, van 2003 tot 2005.
  2. Hy is getroud met die sangeres en aktrise Amelia Warner *sug*
  3. Hy is ’n model en het in reklameveldtogte vir Calvin Klein en Dior Homme verskyn.
  4. Hy het beroepsrugby gespeel in Belfast, Noord-Ierland.
  5. Hy is ’n groot aanhanger van Manchester United en besit seisoenkaartjies.

[caption id="attachment_59871" align="aligncenter" width="500"]Foto: Flickr Foto: Flickr[/caption]

[caption id="attachment_59872" align="aligncenter" width="375"]Foto: Flickr Foto: Flickr[/caption]

- Gilda van Schalkwyk