1. “Vir die eerste keer het ons alles self gedoen,” sê Andrew. “Ons het nog altyd ons eie liedjies vervaardig en geskryf, maar hierdie keer het ons al die stemme opgeneem en die snitte self gemeng, met die towerafronding van die Britse vervaardiger en platejoggie Wez Clarke.”

2. Andrew sal graag saam met die Amerikaanse rapper Kanye West wil werk. “Net omdat hy op sommige van sy snitte so uitbundig is. Ek dink die ateljeeproses saam met hom sal wonderlik wees.”

3. Hul verborge talente? Brian kan goed sneeubord ry en blink uit in die strategiespel Connect Four, terwyl Andrew ? paar kulkunsies kan doen . . ..

4. Hulle beplan om Los Angeles toe te trek. “Ek is nie op die oomblik seker wanneer en hoe lank ek wil gaan nie,” sê Brain. “Ek wil goeid voorberei wees voordat ek met alles soontoe verhuis.”

5. Die broers sê daar is geen embarasserende liedjies in hul albumversameling nie. Nogal koel!