1. Sy bakwerk is heelwat ligter as sy voorganger s’n

    Die nuwe Astra-reeks is tussen 120 kg en 200 kg ligter as sy voorganger, maar stewiger as tevore. Dit werk goeie padhouvermoë en goeie verrigting in die hand.

  2. Hy bied gevorderde veiligheidseienskappe

    Veiligheidskenmerke wat gewoonlik met veel duurder motors vereenselwig word, het hul weg tot die Astra gevind. Die 1.6T Sport Plus sal byvoorbeeld self rem as die bestuurder te laat besef die voertuig voor hom het rem aangeslaan. Mits daar duidelike wit of geel padstrepe is, kan die stuurwiel ook self draai wanneer die voertuig bepaal dat hy van die pad gaan loop.

  3. Dit is ’n kar vir gewone mense

    Sy verkoopprys is nie hemelhoog nie. Hy is vir lank gewaarborg – 5 jaar of 120 000 km – en kom met ’n diensplan vir 5 jaar of 90 000 km. Dit hou onderhoudskoste laag. Sy binnekant is ruim en hy is maklik om te bestuur.

  4. Hy het genoeg woema

    Daar is drie enjingroottes, naamlik 1.6, 1.4 en 1.0. Veral laasgenoemde vind ’n verbasend goeie balans tussen verrigting en lae brandstofverbruik. (Al die enjins loop op petrol en beskik oor turbo-aanjaers.)

  5. Hy is lig op brandstof

    Danksy ’n besonder lae lugsleursyfer en moderne enjintegnologie werk die Astra suinig met brandstof. Lae windweerstand lei ook tot minder kajuitgeraas op die oop pad.

Interessante feite:

  • BMW het die titel SA Motor van die Jaar ’n rekord ses keer gewen (1988, 1990, 1993, 1997, 2001 en 2011).
  • Opel is die enigste vervaardiger wat die titel SA Motor van die Jaar twee jaar agtereenvolgens gewen het, en het die kompetisie eindelik vier keer uitgestof.
  • Audi, Volkswagen en Porsche het almal die titel SA Motor van die Jaar drie keer gewen, en Honda, Renault, Toyota en Volvo elkeen twee keer.
  • Alfa, Ford, Hyundai, Mazda, Mercedes-Benz en Nissan het elkeen die titel een keer gewen.
  • Porsche is die enigste vervaardiger in die geskiedenis van die SA Motor van die Jaar-kompetisie wat die titel drie jaar agtereenvolgens gewen het.

Wenners van 1984 tot nou

1986 Toyota Corolla Twin Cam

1987 Mercedes-Benz 260E

1988 BMW 735i

1989 Toyota Corolla GLi Executive

1990 BMW 525i

1991 Opel Monza 160 GSi

1992 Nissan Maxima 300 SE

1993 BMW 316i

1994 Opel Kadett 140

1995 Opel Astra 160iS

1996 Audi A4 1.8

1997 BMW 528i

1998 Ford Fiesta Fun

1999 Alfa Romeo 156 T-Spark

2000 Renault Clio 1.4 RT

2001 BMW 320d

2002 Audi A4 1.9 TDI

2003 Volkswagen Polo TDI

2004 Renault Mégane 1.9 dCi

2005 Volvo S40 2.4i

2006 Audi A3 Sportback 2.0T

2007 Honda Civic 1.8 VXi Sedan

2008 Mazda2 1.5 Individual

2009 Honda Accord 2.4 Executive

2010 Volkswagen Golf 6 1.4 TSI

2011 BMW 530d and Volkswagen Polo 1.6 TDI

2012 Hyundai Elantra 1.8 GLS Executive

2013 Porsche Boxster

2014 Porsche Cayman S

2015 Porsche Macan Diesel S

2016 Volvo XC90

2017 Opel Astra