Volkswagen Suid-Afrika gaan Amarok- en Tiguan-modelle herroep weens tegniese probleme. Sowat 20 000 voertuie word hierdeur geraak.

Volgens Volkswagen is daar probleme met 15 500 enkel- en dubbelkajuit-Amarok-bakkies, wat ’n 2,0 TDI-turbodieselenjin het, en van hul bekendstelling in 2012 tot Junie vanjaar vervaardig is.

Volkswagen waarsku daar is probleme met dié modelle se brandstofpypies, wat kan lek. Eienaars sal genader word sodat die pypie herstel kan word.

Die probleme wat Volkswagen met die Tiguan-sportnutsvoertuig bevind, is minder ernstig. Altesaam 4 270 voertuie word hierdeur geraak.

Daar is fout met sommige Tiguans se bakwerkligte en om dit reg te maak, moet slegs ’n smeltdraad vervang word. Volkswagen het ook aangedui dat Tiguan-modelle met ’n sewegang outomatiese ratkas probleme kan gee weens die soort ratkas-olie wat daarvoor gebruik word. Handelaars sal die olie vir dié modelle vervang.

Volkswagen sal eienaars van Amaroks en Tiguans nader sodqat hulle die foute kan regmaak.

Die Volkswagen Tiguan