Maar voor jy te bekommerd raak dat Marsmannetjies die planeet gaan oorneem, het Hoof-superintendent Wayne Minnaar van die Johannesburgse Metropolitaanse Polisiedepartemnt aan News24 gesê dat die Vreemde Vlieënde Voorwerp (VVV) wat langs die pad 'neergestort' het eintlik deel is van advertensie-veldtog vir 'n melkdrankie.

Volgens Wayne het die 'ongeluk' tot hope chaos op die paaie gelei. Verkeer na William Nicol-rylaan het opgehoop vanaf Republiekweg.

Motoriste het ook die verkeer verder vertraag deur foto's te neem. Die verfilming van die advertensie behoort voor die namiddag afgehandel te wees.

BRON: News24