, het ’n Oekraïnse sekuriteitsamptenaar Maandag gesê.

Internasionale ondersoekers “het aangedui data van vlugopnemers wys die ongeluk is veroorsaak deur massiewe plofbare dekompressie wat voortspruit uit verskeie skrapnelperforasies weens ’n vuurpylontploffing”, het Andrij Lisenko, ’n woordvoerder vir die Oekraïnse nasionale veiligheids- en verdedigingsraad, gesê.

Data van die gedoemde vliegtuig se vlugopnemers is in Brittanje ontsyfer nadat pro-Russiese rebelle, wat die gebied beheer waar die vliegtuig neergestort het, dit aan Maleisiese amptenare oorhandig het.

Ondersoekers wat die saak lei in Nederland, wat 193 burgers verloor het, het geweier om die jongste inligting van Kiëf te bevestig en het gesê hulle “wag om ’n vollediger idee van die gebeure te kry”.

Oekraïne en sy Westerse bondgenote gee die rebelle die skuld vir die ongeluk, wat 298 lewens geëis het.

In Moskou het die hoof van die Russiese kenners wat die ongeluk ondersoek Andrij gekritiseer omdat hy kommentaar gelewer het sonder die magtiging van die hoof van die ondersoek, soos internasionale ooreenkomste vereis.

Oleg Stortjsevoi, adjunkhoof van Rusland se lugvaartreguleerder, is deur Russiese nuusagentskappe aangehaal waar hy sê die Oekraïne het “die basiese beginsels van samewerking in die ondersoek van vliegongelukke geskend”.

- Sapa