Die paartjie het sewe jaar lank af en toe uitgegaan en in 2010 is die verhouding verbreek. Gerugte het toe die ronde gedoen dat Chelsy nie kans gesien het vir die lewe van ’n prinses nie. Hulle het egter vriende gebly en ná berigte dat Chelsy en Charles Goode, met wie sy ’n jaar lank uitgegaan het, die vriendskap verbreek het, het baie mense gedink dat daar ’n hereniging in die vooruitsig was.
'Harry en Chelsy gesels byna elke dag met mekaar.'

"Harry en Chelsy gesels byna elke dag met mekaar. Daar was altyd ’n onweerlegbare chemiese verbinding tussen die twee, dus is dit geen wonder dat hulle weer aangetrokke voel tot mekaar nie,“ het ’n ingeligte bron die Britse tydskrif Grazia meegedeel.

"Die noue band tussen Harry en Chelsy's het beslis ’n uitwerking gehad op die feit dat haar verhouding met Charles tot niet gegaan het. Sy en Harry korswel gedurig en hulle het nog altyd goed met mekaar klaargekom. Almal kan dit duidelik sien.

Nadat hulle verhouding in 2010 tot ‘n einde gekom het, was Harry in ’n wyd-gepubliseerde verhouding met Cressida Bonas. Baie mense het gedink dat die paartjie sou afhaak, maar hulle het in 2014, ná twee jaar saam, elkeen sy eie pad gegaan. Harry het vir Chelsy weer in Desember by ’n roudiens vir hul gemeenskaplike vriend, Henry van Straubenzee, raakgeloop en hy gesels blykbaar ál meer dikwels met haar. "Hulle het gemeenskaplike vriende, dus is hulle altyd by dieselfde geleenthede, maar daar was iets anders in die lug toe hulle mekaar voor Kersfees raakgeloop het. Die interaksie tussen die twee word as koketterig bestempel.

'Almal in hul vriendekring spot dat Chelsy Harry se Camilla is.'

"Almal in hul vriendekring spot dat Chelsy Harry se Camilla is, want, soos in die geval van Camilla en pa Charles, is Chelsy die een vrou wat Harry nog nooit kon vergeet nie,” sê die bron.

Chelsy sal egter dalk nie so entoestiasties wees oor ’n hereniging nie, want haar sienswyse oor 'n lewe in die openbare oog het nog nie verander nie.

"Dieselfde struikelblokke as in die verlede, is nog steeds daar. Chelsy hou nie van die lewe in die kollig nie en ook nie van die pligte wat na haar kant toe kom as sy met die prins uitgaan nie. Haar huiwering spoor hom egter net meer aan. Hy hou van uitdagings en hy het haar altyd beskou as die een wat weggekom het,” het die ingewyde onthul.

© Cover Media