’n Elektroniese vurk wat vibreer sodra jy te vinnig eet, is verlede week te koop aangebied op die webtuiste Kickstarter, ná dit vroeër vanjaar baie aandag getrek het by die Consumer Electronics-tentoonstelling in Las Vegas.

Die Hapifork se ontwerper meen dié vurk kan mense help gewig verloor en spysverteringsprobleme hokslaan.

Die Franse ontwerper Jacques Lepine is verantwoordelik vir die Hapifork, berig Nuus24.

Hy het die vurk gegrond op navorsing wat getoon het mense kan gewig verloor as hulle stadiger eet.

-Nuus24