Sover kon onderhandelinge tussen vakbonde en die onderskeie petroleummaatskappye nie opgelos word nie. Werkers vra vir ’n verhoging van 9% terwyl werkgewers ’n maksimum van 7% aanbied.

Party vulstasies in Johannesburg het glo reeds leeggeloop.

Die situasie word vererger deurdat nie-stakende personeel by vulstasies deur hul stakende kollegas geïntimideer word.

Die brandstoftekorte het tot dusver nog nie na die Wes-Kaap oorgespoel nie.

  • Wat is die situasie in jou omgwing? Ervaar jy enige petroltekorte? Laat weet ons asseblief by web@huisgenoot.com