Trane vloei in Hillary Clinton se kieserskamp. En nie van vreugde nie. Die gunsteling om die Amerikaanse presidentsverkiesing te wen, trek teen Woensdagoggend swaar teen haar mededinger die Republikeinse kandidaat, Donald Trump. Clinton het teen Woensdagoggend slegs 215 kieserstemme gehad en terwyl Trump die voortou geneem het met 244 kieserstemme. Hoewel Trump nie baie gewild was onder talle kiesers nie, is daar ook baie mense wat glad nie van Clinton hou nie.

That smile.

A photo posted by Hillary Clinton (@hillaryclinton) on
Hillary is die Demokratiese party se presidentskandidaat en hul kandidaat waarvan kiesers oor die jare heen, die minste van hou, skryf die aanlyntydskrif Slate.com. Dit is glo nie ’n nuwe ding nie. As presidentsvrou in die 90’s was sy nie gewild nie, berig FiveThirtyEight.com. Hoewel sy nou wel sélf ’n presidentskandidaat is, beteken dit nie mense se menings het verander nie. Hulle hou steeds nie van haar nie, maar die redes vir hul misnoeë het verander.

Florida in the rain.

A photo posted by Hillary Clinton (@hillaryclinton) on

Kiesers wat nie van Hillary hou nie beweer sy verander haar standpunt wanneer dit ook al polities meer gerieflik is, terwyl ander haar as korrup beskou, berig Slate met verwysing na meningsopnames van Morning Consult.

Hillary was volgens meningsopnames vroeër vanjaar net so ongewild as Donald Trump, die Republikeinse kieserskandidaat.

Van die ander kritiek is dat sy ’n werkslaaf is en dat mense nie haar “menswees” in haar politieke veldtog gesien het nie, skryf David Brooks in die New York Times. Volgens David is dit die “eksklusiewe professionele” beeld van Hillary wat maak dat mense nie by haar aanklank vind nie. “Kan jy my sê wat Hillary Clinton vir pret doen?” vra hy.

“Hillary Clinton was om verskeie redes ongewild gewees tydens die 2016 verkiesing. Die kiesers het eerstens baie min vertroue in haar, weens haar omstrede politieke loopbaan, wat sedert die eerste Bill Clinton-presidensie opslae gemaak het,” verduidelik Gerrie Swart, ’n politieke wetenskap-dosent aan die Universiteit Stellenbosch. Boonop het die onlangse “e-pos-skandaal” nié in haar guns getel nie, sê Gerrie. “Daar is steeds baie vrae oor haar e-pos skandaal en die gebruik van ’n privaat e-posadres, wat onlangs weer opslae gemaak het nadat die FBI aangekondig het dat verdere e-posse moontlik ontdek is. Die hoof van die FBI het egter gister aangekondig dat daar nie tans verdere ondersoeke sal plaasvind nie en dat die FBI se besluit in Julie om Clinton nié te vervolg nie, steeds geld.” Net omdat baie mense nie mal is oor Hillary nie, beteken dit nie die mense gaan nou skielik vir Donald Trump stem nie.

15 days. IWillVote.com

A photo posted by Hillary Clinton (@hillaryclinton) on

“Daar is al vir ’n geruime tyd kommer uitgespreek oor die 2016-kandidate vir die Amerikaanse presidensie. Sommige mense beskou die keuse tussen Clinton en Trump nie as ’n keuse nie. Baie mense stem vir Clinton omdat hulle nie ’n Trump-presidensie kan insien nie. Ander kiesers sal vir Trump stem omdat hulle eenvoudig nie vir Clinton vertrou nie,” sê Gerrie.

Voordele as Hillary president word:

• Hillary Clinton fokus baie sterk op beleidskwessies en het ’n omvattende verkiesings-manifes saamgestel gedurende die 2016-veldtog.

• Sy sal ’n mate van stabiliteit en sekerheid verseker tydens die oorgangsfase, wat bykans onmiddellik sal begin ná die afloop van die verkiesing.

• Sy het reeds buitelandse beleid-ervaring opgedoen tydens haar rol as pres. Barack Obama se minister van buitelandse sake en is goed vertroud met die Withuis en die politiek van Washington DC.

Nadele as Hillary president word:

• Daar is groot vrese dat Hillary ’n baie meer hardvogtige buitelandse beleid sal volg en dat haar verkiesing tot groot spanning kan lei, veral gegewe die huidige spanning tussen Rusland en Amerika.

• Hillary het ten gunste van die Irak-oorlog gestem in 2002/2003, tydens haar amp as senator en het die leidende rol gespeel in die konflik met Libië in 2011. Die moontlikheid van globale konflik sal beslis groter wees indien Hillary president sou word.