[caption id="attachment_106458" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

Twee insleepvoertuigbestuurders wat na bewering resies teen die ambulans gejaag het, het Yvonne Peter (40) aangeval, het Mondli Mvambi, woordvoerder van die departement, gesê. Die ambulans het gejaag na dieselfde ongelukstoneel in Mckenziestraat, langs ’n spoorlyn in Heidedal.

Dit was nie dadelik duidelik hoeveel bestuurders Yvonne aangeval het nie. Mondli sê sy het kopbeserings opgedoen en haar pruik is afgeruk.

“Sy is op rassistiese wyse beledig en daarvan beskuldig dat sy die insleepvoertuigbestuurders wou doodmaak toe sy op pad was na ’n ongeluk tussen ’n trein en motor by McKenziestraat langs die spoorlyn in Heidedal omstreeks 22:30 op Saterdagaand.

“Dis vir ons skokkend dat die twee insleepvoertuigbestuurders amper resies met die ambulans gejaag het in ’n poging om vroeër as die ambulans by die ongelukstoneel uit te kom. Die ambulans moet om menslikheidsredes en ingevolge die padreëls ryvoorrang kry, maar dit was nie die geval met die Cobra Tow Truckers nie, wat ons EMS-noodpersoneel beledig en aangeval het,” sê Mondli.

Bron: News24