Bernadette, AJ Sequeira se ma, het haar hartseer in ’n Facebook-inskrywing gedeel. Daarin skryf sy onder andere dat sy hom regtig nie raakgesien het nie en dat sy nie genoeg jammer kan sê nie.

Bernadette se ma, Ria Small, het luidens berigte gesê die familie is té stukkend om oor die tragiese voorval te praat.

Ao. Loraine Earl, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig AJ het Maandag in ’n hospitaal in Kroonstad gesterf.

Bron: netwerk24.com