’n Ma van die Vrystaat het erken sy het haar eenjarige seun vermoor omdat sy gevoel het sy kan hom nie versorg nie, het die polisie Dinsdag gesê.

Die 32-jarige vrou het haar seun na bewering Maandagoggend in Greenfields, Smithfield, met ’n kussing versmoor, het die polisiewoordvoerder sers. Yanga Ngcukana gesê.

“Die verdagte beweer sy was moeg daarvoor om gedurig vir kos te bedel en dat sy nie kon bekostig om die kind alleen groot te maak nie. Sy het haar ma ingelig die baba beweeg nie en toe die polisie in kennis gestel.

Ná nog ondervraging het die ma erken sy het haar kind met ’n kussing versmoor omdat die familie haar nie met hom gehelp het nie en omdat sy sukkel om vir hom kos te kry.”

Die vrou sal binnekort in die Smithfield-landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn.

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Meisie (11) aangekla weens baba se moord

Voortvlugtige Roodepoortse egpaar het dalk nog ’n baba vermoor