Motsheoa Valencia Motaunyana, ook bekend as Vicky, is oorpsronklik van Kroonstad. Sy was ’n eerstejaar-student in ingenieurswese aan die Bahçesehir-universiteit in Istanboel,Turkye.

Sy het skynbaar herhaaldelik simptome soortgelyk aan dié van verkoue getoon waarna die Vrystaatse plaaslike regering ’n span gesondheidskenners na haar gestuur het om meer oor haar toestand te wete te kom.

Vicky het ernstige mediese sorg nodig gehad, maar sy kon nie na Suid-Afrika terugkeer nie uit vrees dat haar siektetoestand aansteeklik was.

Die mediese span ter plaatse het ooreengekom om haar toestand te herevalueer binne die volgende twee weke, maar sy het ongelukkig gesterf voor die tydperk verstryk het.

“Die Vrystaat en Suid-Afrika het ’n moontlike ingenieur verloor wat ’n bydrae kon lewer om ons land ’n beter plek te maak,” het hy gesê.

Verskeie van haar vriende het hul hartseer oor haar afsterwe op Facebook gedeel. Tiisetso ‘Afrika’ Makhele noem haar ’n jong leeu terwyl Sindi Tshabalala haar loof vir die manier waarop sy hulle in Turkye verteenwoordig het.