Al jou gunsteling-vrugte is saam in hierdie kleurryke, onweerstaanbare resep – met ’n vars mentstroop. 

fruit_platter_with_chilled_mint_syrop

(Genoeg vir 8 mense)

Vir die vrugteslaai:

pynappel

papaja

lemoene

aarbeie

swartbessies

waatlemoen

spanspek

frambose

kersies

grenadella

kersies

125 ml (½ k) vars ment vir bo-oor strooi

Vir die mentstroop:

60 ml (¼ k) suurlemoensap of witwyn

250 ml (1 k) water

150 ml suiker

125 ml (½ k) mentblare, grof gekap

Sit die bestanddele vir die stroop in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Kook tot die stroop met ’n derde verminder het of verdik het. Verwyder van die hitte, sif en verkoel tot nodig. Bedruip oor die vrugtestukke.

WENK: Garneer met stukkies mentblare.

- Resep deur Jenny Morris