Fried-Omelette-Recipe

Jou benodigdhede:

125 ml (½ k) volroommelk

3 eiers

sout en peper

spek of ham

2 vye

1 peer

bosbessiegeur kaas

Breek die eiers in ’n mengbak en voeg die melk by. Roer met ’n vurk tot heeltemal gekombineer. Geur met die sout en peper. Verhit sowat 5 ml (1 t) olyfolie oor medium hitte in ’n pan. Giet die eiermengsel die pan en bak die omelet soos verkies. Braai die spek intussen in ’n pan tot bros. Sny die vye middeldeur. Sny die peer in klein stukkies. Skep die twee vulsels in die middel van die omelet en pak die kaas bo-op. Vou die twee sye van die omelet oor mekaar. Gebruik tandestokkies om die omelet in plek te hou.

Resep deur: Your Little Blog

Resep-krediet: Jaun Laubscher

Foto’s: Vörsprung Studio

Teks: Your Little Blog

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.