’n Kopkrapper propvol vrugte waarna party mense verwys as "vrugte-algebra" doen deesdae die ronde op die internet.

Dis nie duidelik wie dié sommetjie opgestel het nie, maar dit het geen keer daaraan gebring dat hierdie soos ’n veldbrand oor die internet versprei het nie. En die beste is: niemand het ’n definitiewe oplossing nie!

Dink jy jy kan ander internetgebruikers klop en die regte antwoord bewys?

[caption id="attachment_118167" align="alignnone" width="491"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Kom ons probeer dit saam oplos.

In die eerste reëltjie is daar drie appels wat gelyk is aan 30. Daarom is die appels tien teen een elk 10 werd.

[caption id="attachment_118150" align="alignnone" width="625"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Dan tel jy een appel by twee bondels piesangs wat gelyk is aan 18. Een bondel piesangs is dus heel waarskynlik gelyk aan 4.

[caption id="attachment_118152" align="alignnone" width="625"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Dan trek jy ’n paar halwe kokosneute van ’n bondel piesangs af en kry die antwoord: 2. Daarom is ’n heel kokosneut (twee halwes saam) dalk gelyk aan 2.

[caption id="attachment_118153" align="alignnone" width="523"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Maar nou kom die pootjievraag in. Jy neem een halwe kokosneut (1), ’n appel (10) en ’n bondeltjie piesangs (4). Bymekaargetel sou jy aanneem jy eindig op met 15, maar dis nie so maklik nie!

[caption id="attachment_118155" align="alignnone" width="613"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Kyk weer mooi na die bondel piesangs . . . Wat sien jy?

[caption id="attachment_118162" align="alignnone" width="500"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Daar is net drie piesangs in dié bondel!

Die laaste deel van die som lees dan: 1 + 10 + 3 = 14.

Of dis minstens wat ons dink. Ongelukkig is die prentjie van die oorspronklike teks geskei en ons kan oor die antwoord verskil tot ons blou is.

[caption id="attachment_118151" align="alignnone" width="470"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Bronne: Buzzfeed; The Independent; Facebook

Ander stories op Huisgenoot.com:

Minister van geluk streef na glimlagte

K2-tweeling se foto’s gebruik vir aanlyn leuens

Wil jy die versoeking weerstaan? Plaas dan bederfies naby die minder dominante hand

Byna helfte van SA is opgaarders – is jy een?