Robert het aan die Portugese tydskrif Activa gesê: “Dit hoef nie noodwendig parfuum te wees nie. Ek hou van die reuk van mense. Dis nogal vreemd, en ek is seker dit het met feromone te doen. Ons hou onbewustelik van mense omdat ons hou van hoe hulle ruik. Dis altyd vir my interessant om dit waar te neem.”

Dalk het Robert (27) se beheptheid met reuke hom aangetrokke laat voel tot sy eksmeisie Kristen Stewart (23). Sy het al gesê sy het van Robert se natuurlike reuk gehou.

Kristen het verlede jaar aan die tydskrif Vogue gesê: “Ek is so verlief op my kêrel, en ek hou van hoe hy ruik. En hy hou van hoe ek ruik.

“Hy hou byvoorbeeld daarvan om my onder my arms te lek. Ek verstaan nie die obsessie om die reuk af te was nie. Die reuk van iemand vir wie jy lief is – dink julle nie dis die punt nie?”

Die akteurs het hul verhouding van drie jaar beëindig ná beweringe dat Kristen ’n verhouding gehad het met Rupert Sanders (42), die regisseur van haar fliek Snow White and the Huntsman. Robert se naam is sedertdien gekoppel aan dié van Dylan Penn (22), Sean Penn (53) en Robin Wright (47) se dogter.