Die pragtige Rolene Strauss, voormalige Mej. Wêreld, ’n mediese student in haar finale jaar en ma van ’n “klein prinsie” wat op 6 Januarie gebore is, het dié spesiale boodskap op Vrouedag gedeel: “Vandag vier ons die sterkte en die deernis, onsekerhede en selfvertroue, kwesbaarheid en deursettingsvermoë, trane en vreugde . . . vandag vier ons alle aspekte van vrouwees.”


Waarom word Vrouedag gevier?

Op 9 Augustus 1956 het byna 20 000 Suid-Afrikaanse vroue kragte saamgesnoer en na die Uniegebou in Pretoria opgeruk om teen die paswette te betoog. Helen Joseph, Rahima Moosa en Sophia Williams was aan die voorpunt van die optog.

Noudat jy die vroue aangeraak het, het jy ’n rots getref.

Die vroue het ’n halfuur lank in doodse stilte voor die kantoor van die destydse eerste minister, JG Strydom, gestaan. Toe begin hulle ’n lied sing wat spesiaal vir die geleentheid geskep is: Wathint’Abafazi Wathint’imbokodo! Losweg kan dit vertaal word as: “Noudat jy die vroue aangeraak het, het jy ’n rots getref.”

Dit sou egter eers in 1994 amptelik tot Vrouedag in Suid-Afrika verklaar word toe die optog van daardie merkwaardige groep van duisende vroue herleef.

Vandag fokus Vrouedag daarop om ouerskap, huishoudelike geweld, seksuele teistering in die werkplek, onderrig vir alle meisies en gelykheid in salarisse te bevorder.


Inspirerende aanhalings vir elke dag

Happy Women's Day! ?????????? . . . #womensday #strongwomen #feminist #yougotthis #girlboss #queens #fierce

A post shared by Nadine Hanekom Lombaard (@nadinelom) on

Happy women's day, South Africa ???? #womensday #southafrica #smashthatceiling #jozi #women

A post shared by Kate Carter-Brown (@kate_carterbrown) on