Navorsers beweer dat die vet wat in vroue se bobene en boude geberg word, van deurslaggewend is vir jou pasgeborene se breinontwikkeling tydens borsvoeding. Die vet om die heupe en boude is ’n vetreserwe vol voedingstowwe.

Die studie beweer vroue se vermoë om groot hoeveelhede vet te berg was belangrik vir oorlewing en die evolusie van intelligensie. Prof. Will Lassek, ’n epidemioloog van Universiteit van Pittsburgh in die VSA, het gesê: “Die vet in die heupe bevat ’n sekere suur wat veral noodsaaklik is vir breinontwikkeling.

' Die studie beweer vroue se vermoë om groot hoeveelhede vet te berg was belangrik vir oorlewing en die evolusie van intelligensie.'

“Dit wil blyk dat vroue so ontwikkel het om die vet te berg tot die kind gebore word.”

Prof. Lassek se jongste navorsing oor die onderwerp is gepubliseer in sy boek, Why Women Need Fat. “Dit was nog altyd ’n raaisel waarom vroue oor soveel vet beskik,” het hy gesê.

“Soogdiere en primate se liggaam het gewoonlik 5 tot 10 persent liggaamsvet, maar in vroue styg dit tot gemiddeld 30 persent.

“Dit is soortgelyk aan die persentasie vet wat bere het wanneer hulle hiberneer of walvisse wat in die koue oseane leef.

“Wanneer vroue borsvoed, word die vet reserwes gebruik om die baba se groeiende brein te voed. Ongeveer 80 persent van die baba se vetbehoeftes kom van die ma af.”

Dit verduidelik ook waarom vroue wat borsvoed, dikwels baie gewig verloor.

David Bainbridge, ’n voorplantingsbioloog aan die Universiteit van Cambridge, meen hierdie bevindings verduidelik dalk waarom mans vroue met kurwes so aanloklik vind.

Bronne: parentdish.co.uk, Mirror