Op 15 Junie, die dag van die beweerde teistering, het die vroue die Spa Caslte in Carrollton afsonderlik besoek.

’n Assistentbestuurder van die spa, een van die mans wat verdink word, is volgens Dallas News intussen afgedank.

’n Vrou wat in die hofgeding net as R.W. bekend staan, sê sy en en van haar vriendinne was sonder klere in die spa toe ’n manlike werknemer instap en sê dit gaan binne 30 minute sluit. Sy het gevoel dis onvanpas en ook vreemd dat ’n man hulle kom waarsku het, berig Dallas News.

Die vroue het hulle boonop boeglam geskrik toe hulle ná 'n stort ook twee mans in die badkamer gewaar.

Een van die mans het die vroue wat nog sonder 'n draad klere na hul stortsessie was, glo afgeneem.

Nog 'n vrou het getuig dat sy drie van die mans gewaar het waar hulle oënskynlik skelm foto's van die spa se vroue-kliënte met hul selfone neem. Hulle het na bewering die selfone onder handdoeke verdoesel en mekaar met gebare aangemoedig om foto's "teen die regte hoek" te neem.

Luidens die hofdokumente het die vroue die mans aangesê om die vertrek te verlaat, maar dié het glo geantwoord: “Dis julle wat 'n probleem het, dis julle wat ongemaklik is. Dis julle wat moet uitgaan." 

Volgens die hofgeding is die vroue se privaatheid geskend. Hulle soek net meer as R13 miljoen as vergoeding.

Die spa-base het nog nie ’n woord oor die beweerde voorvalle gerep nie.

Bronne: Dallas News, Reddit