Roubeklaers by ‘n 101-jarige vrou se begrafnis het hulself byna doodgeskrik toe die oorledene skielik kiertsregop in haar doodskis gesit en begin praat het.

Peng Xiuhua is doodverklaar nadat sy by haar huis in China ‘n vermoedelik noodlottige val gehad het. Haar twee dogters, albei in hul 70’s, sê Peng het geen pols gehad nie.

Maar wonderwerke gebeur en Peng wou sommer dadelik weet wat al die mense in haar huis doen toe sy onverwags uit haar doodsslaap ontwaak het.

“Ek is ‘n gelukkige vrou. Nie net was ek bevoorreg genoeg om te sien hoeveel mense by my begrafnis opgedaag het nie, maar ook het ek wonderbaarlik wakkergeskrik alvorens ek veras moes word,” het die Dialy Mail Peng aangehaal.

-Bang Showbizz