’n Passasiersbus was ook die naweek op die N12 tussen twee brûe vasgekeer, maar dis weldra opgespoor. Die pas is eers laat Maandagmiddag weer vir verkeer oopgestel. KYK FOTO’S: Reën bring welkome verligting in talle streke landwyd ’n Ambulans wat ’n pasiënt van Klaarstroom na Prins Albert-hospitaal moes vervoer, is ook deur die vloedwater meegesleur. Die pasiënt en die personeel het ongedeerd daarvan afgekom. Die Swartbergpas tussen Prins Albert en Oudtshoorn sal vir geruime tyd gesluit bly om skade aan die Prins Albert-kant van die pas te herstel.

Gamkaskloof, ook bekend as Die Hel, kan vanaf Oudtshoorn bereik word.

Prins Albert se water-infrastruktuur is vanweë die swaar neerslae beskadig. Dit sluit ook boorgate in die Swartbergpas, asook die reservoir wat drinkwater aan die dorp voorsien.

James-Brent Styan, woordvoerder van die Wes-Kaapse deprteement van plaaslike regering het gesê dat Prins Albert se munisipaliteit die situasie onder beheer het en alles in hul vermoë doen om die watertoevoer te herstel.

Bron: news24.com