Volgens die New York Post het Chava selfs soos haar oorlede ma aangetrek. Sy het dieselfde swart uitrusting aangehad waarin Susie Rosenthal (61) gesterf het.

Chava het nooit die woonstel verlaat nie en het geweier om enigeen in te laat; ’n familielid het dus soms kos buite die deur gelos, het bronne van die polisie gesê.

Bure het niks agtergekom nie tot die geboubestuur probeer ondersoek instel na ’n lek wat uit die woonstel kom.

Toe die polisie haar nader, het sy glo onvoorspelbaar opgetree. Sy is na ’n mediese sentrum vir ’n sielkundige evaluasie geneem. Die oorsaak van die ma se dood is nog onduidelik.

- Janine Nel