’n Vrou gaan ’n maand lank net troeteldierkos eet.

Dorothy Hunter, die eienaar van Natural Pet Emporium in die deelstaat Washington, gaan ’n maand lange dieet van net troeteldierkos eet om te bewys hoe voedsaam en smaaklik haar produkte is.

Sy dring daarop aan dat sy net natuurlike, gesonde kos verkoop en het aan die koerant Tri-City Herald gesê: “Jy sal verbaas wees oor hoe smaaklik honde- en katkos kan wees wanneer dit reg berei word. Ek weet mense dink dit is gek, maar ek kan dit nie sterk genoeg beklemtoon nie hoe belangrik dit is dat mense etikette lees en sien wat in hul kos is – vir troeteldiere en mense.”