Fezekile Ntsukela Kuzwayo het gesterf, het haar familie bevestig.

Fezekile, wat aan die publiek as Khwezi bekend staan, is Saterdag oorlede.

Sy het president Jacob Zuma 10 jaar gelede van verkragting aangekla, maar hy is nie hieraan skuldig bevind nie. “Dit is met groot hartseer wat die Kuzwayo-familie die afsterwe van ons dogter Fezekile Ntsukela Kuzwayo aankondig,” het haar gesin Sondag in ’n verklaring gesê. “In ons familie was sy geliefd en bekend as Fezeka, en in die openbaar het haar ondersteuners haar Khwezi genoem.” Hulle het nie meer besonderhede oor haar dood gedeel nie, en het vir “spasie om privaat te rou” terwyl hulle voorberei om haar te ruste te lê.

Hulle het haar as ’n “liefdevolle siel” beskryf. “’n Dogter, ’n suster en ’n tannie wat ons vir ewig in ons harte sal hê. Ons het haar tydens haar lewe liefgehad, laat ons haar nie ná haar dood vergeet nie.” In 2006 is Zuma ná ’n verhoor in die Johannesburgse hooggeregshof van verkragting vrygespreek.

Khwezi was die dogter van ’n ANC-lid wat saam met Zuma op Robben Island gevange gehou is.

Na afloop van die verhoor het Khwezi en haar ma na Nederland, waar hulle assiel verkry het, verhuis.

Hulle het later van tyd weer teruggekeer na KwaZulu-Natal.

In 2008 het Khwezi ’n gedig, wat in ZAM Magazine gepubliseer is, in reaksie op Zuma se vryspraak geskryf.

Bronne: Timeslive, EWN, News24