Tara Dennis (21) het aan goerie.com vertel hoe sy en haar bure dae lank die kat se noodkrete gehoor het en besluit het om self in te gryp.

“Ek is lief vir diere,” sê sy. “Ek kon nie die kat net daar los nie.”

Maar toe Tara in die boom opklouter en eindelik by die katjie kom, het hoogtevrees haar beetgepak en kon sy nie weer afklim nie.

Bure het die brandweer ontbied, wat ’n leer van 8,5 m gebruik het om by Tara en die katjie te kom.

Albei is ongeskonde en nou weer veilig op die grond.

– Christiaan Boonzaier