Cathy Woods is deur middel van DNS van alle blaam onthef nadat die aanklaers Vrydag aangekondig het dat sy nie aan 'n herverhoor onderwerp sal word in die saak rakende die 19-jarige Michelle Mitchell wat op die grens van die kampus van die Universiteit van Nevada in Reno doodgesteek is nie.

'n Regter het in September Woods se skuldigbevinding ter syde gestel nadat nuwe DNS-toetse die misdaad in Reno gekoppel het aan 'n gevangene in Oregon wat nou tereg staan op 'n string moorde wat op ongeveer dieselfde tyd naby San Francisco gepleeg is.

Chris Hicks, distriksprokureur van die Washoe, sê hy blameer nie die destydse polisie, vervolgers en jurielede dat hulle Woods tronk toe gestuur het nie, omdat hulle nie oor “die ongelooflike gereedskap van DNS” beskik het nie. Woods, nou 64, het nie onmiddellik gereageer op 'n versoek om kommentaar te lewer nie. Sy bly in Suid-Carolina, in haar broer en sy vrou se huis. Sy is steeds onder behandeling vir 'n geestesongesteldheid, en dit “gaan goed” met haar, het Maizie Pusich, Woods se pro-Deo-advokaat, gesê. Sy is in 1980 gevonnis, en toe weer vyf later. Die vonnisse was grootliks gebaseer op die bekentenis wat sy in 1979 in 'n psigiatriese hospitaal afgelê het. Pusich het gesê Woods kan nie onthou dat sy, terwyl sy in die hospitaal was, skuld beken het op die moord nie.

- Sapa