Ons het al almal van ’n paar dieetgiere gehoor, maar ’n Amerikaanse vrou het tot uiterstes gegaan om seker te maak haar dogter lyk op haar beste vir ’n skoonheidskompetisie: Sy het die meisie skelmpies lintwurm-eiers gevoer.

In ’n onlangse episode van die program Untold Stories of the ER het die pediatriese verpleegster Maricar Cabral-Osorio verduidelik sy het eers vermoed die meisie is swanger omdat haar maag uitgestaan het, maar ’n ultraklank-skandering het gewys haar baarmoeder is leeg en sy het ’n maag vol wurms.

Sy verduidelik: “Almal was verward oor hoe die parasiete, wat gelewe het, in die meisie se maag beland het. Toe sien ons die ma spierwit raak.”

Die ma het erken sy het ’n dieetpil met lintwurm-eiers in Mexiko gekoop en haar dogter gedwing om dit te drink. “Ek het dit net gedoen om jou ’n bietjie skraler te maak. Jy het voor die kompetisie nog ’n bietjie hulp nodig gehad.”

Volgens dr. Patricia Quinlisk, ’n spesialis in voorkomende medisyne van Iowa, is lintwurms al meer as 100 jaar vir gewigsverlies gebruik. “Die inname van lintwurms is uiters gevaarlik en kan ’n wye reeks onstabiele newe-effekte veroorsaak, insluitend die dood.”

Die wurms heg hulle aan die gasheer se dermwand en neem dan voedingstowwe en kalorieë op. Dit kan tot 9 lank word en 20 jaar binne die gasheer leef. Dit is onbekend of die ma van kriminele klagte aangekla word.

- Janine Nel

Bronne: dailymail.co.uk, discoveryfitandhealth.com

Lees ook: