Fiona Crabb van Great Manchester het ná ’n aandjie uit by die huis gekom toe die voorval gebeur. “Ek het by die huis gekom nadat ek die aand uit was met my vriend wat daar naby woon en was verward toe ek besef die deurhandvatsel is taai,” sê sy. Paramedici, wat aanvanklik gedink het dis ’n grap, het eers drie uur later opgedaag. Hulle het haar met warm water, kookolie en selfs Coke probeer loskry, maar Fiona het steeds vasgesit. Brandbestryders is uiteindelik ingeroep en hulle het die handvatsel van die deur losgeskroef sodat sy hospitaal toe geneem kon word.
'Ek kan nie verstaan hoekom enigeen iets so dom sou aanvang nie.'

Die dokters het die handvatsel afgesaag en ’n oplossing gebruik om die gom los te kry.

Fiona het brandwonde opgedoen en moet nou saans kookolie aan haar hand smeer. “Ek kan nie verstaan hoekom enigeen iets so dom sou aanvang nie. Ek verkies om eerder nie te weet wie dit gedoen het nie, anders gaan ek te onsteld wees.”

Bronne: metro.co.uk, dailymail.co.uk, mirror.co.uk