Stel jou voor: byna ’n dekade lank ontvang jy e-posse van ’n onbekende wat jou met aanranding en verkragting dreig.

[caption id="attachment_105186" align="alignnone" width="570"]Bron: Instagram Bron: Instagram[/caption]

Net om eindelik uit te vind die mens wat dit stuur, is jou eie man.

Dit het met ’n vrou van Lindon in die Amerikaanse deelstaat Utah gebeur.

Die ma van drie ontvang sedert 2006 verskriklike e-posse waarin sy aangeval en met seksuele geweld gedreig word. Party dae het sy tot 40 sulke e-posse ontvang.

In hierdie tyd het sy na haar man gedraai vir steun, iets wat sy klaarblyklik ontvang het.

Sy het keelvol geraak en die polisie van haar aanlyn teisteraar verwittig.

Tot haar verbasing erken haar eie man toe dit was heeltyd hy wat haar so geteister het. Hy verduidelik toe hy het dit gedoen omdat hy haar wou terugkry omdat sy tien jaar tevore ’n affair gehad het.

Die vrou, wie se identiteit beskerm word, het haar man intussen gelos en ’n beskermingsbevel teen hom gekry.

Die man word nou deur tien klagtes van bekruipery in die gesig gestaar. Hy verskyn weer volgende maand in die hof.

Bronne: Mirror, Daily Mail