Vrou betaal rondloper-eks in eie munt terug. Wel, soort van . . .

Boontjie het sy loontjie gekry toe ’n ontroue man ’n guns van sy eksmeisie gevra het.

Ene “Harriet” van Cheshire in Engeland het skermgrepe getwiet van snaakse boodskappe tussen haar en haar ekskêrel, Dan, wat sy beweer ontrou was.

mesg1

“Ek soek die geld vir my JB (Justin Bieber)-kaartjie terug, asseblief,” het Dan vir haar geskryf.

Hierop antwoord Harriet: “Jy’t gesê jy soek dit nie,” waarop Dan laat hoor: “Kan ek net asseblief my geld terugkry?”

mesg2

Harriet stem in – en gebruik dit dan as ’n geleentheid om hom ’n les te leer.

Sy het ’n direkte debietorder gereël wat elke dag een pennie (sowat 17 sent) aan Dan oordra tot hy ten volle betaal is. En volgens BroBible, behoort die afbetaling sowat 17 jaar te neem.

payment sent

Harriet het selfs ’n skermgreep gedeel wat die betaling bevestig, en daarin noem sy hom ’n baie kleurryke naam . . .

Het jou ontroue eks hul verdiende loon gekry? Ons wil daarvan hoor! Stuur jou storie aan ons!