Nadat La-Sonya Mitchell Clark haar ma se naam, Francine Simmons, van die Gesondheidsdepartement in die deelstaat gekry het, het sy haar deur middel van Facebook begin soek.
Groot was haar verbasing toe sy agterkom dat sy en haar ma die afgelope vier jaar by dieselfde teledienstemaatskappy, InfoCision, werk.

Groot was haar verbasing toe sy agterkom dat sy en haar ma die afgelope vier jaar by dieselfde teledienstemaatskappy, InfoCision, werk.

La-Sonya het na Francine uitgereik en die volgende dag die langverwagte oproep gekry. Francine was vyftien toe sy met La-Sonya swanger geraak het en sy het haar kort na geboorte laat aanneem. Sy wou al vir jare kontak maak, maar het nie geweet hoe nie.

Nog meer toeval: Ma en dogter woon enkele minute van mekaar af in Younstown. La-Soya het ook drie ander susters waarvan sy nie geweet het nie. Boonop werk een van haar ‘nuwe’ susters ook by dieselfde maatskappy.

La-Sonya se aanneem-ouers het haar deurentyd ondersteun in haar soektog na haar biologiese ma.

Kyk hier na die ontmoeting:

Bronne: wkbn.com; Yahoo News