Sy het onlangs haar 103de verjaardag in ’n Wonder Woman-kostuum gevier by die Montclair-sentrum vir seniors waar sy vrywilligerswerk doen. Sy help die afgelope 25 jaar koffie, tee en water by die tehuis in Los Angeles bedien.

“Hulle noem my die kroegmeisie omdat ek drankies bedien,” het sy aan ABC7 vertel.

Ten spyte van haar ouderdom woon sy alleen. Sy ry vyf dae per week na die sentrum. “Ek bly net besig,” sê sy oor die geheim vir haar lang lewe.

Bronne: abc7.com, metro.co.uk