Enigeen wat die afspraak-app Tinder gebruik, sal jou ’n storie of twee oor bisarre boodskappe kan vertel. Maar hierdie vrou se gesprek met ’n oënskynlik normale “dokter” is die toppunt.

Die gebruiker msmessyclean het skermgrepe van die vreemde gesprek op Imgur gedeel en daarby geskryf: “Ek kies tot ’n ou op Tinder. Hy lyk eers heel normaal, ’n paar eienaardighede hier en daar, maar wie is ek dan nou om te oordeel?”

Lees ook: Pa adverteer sy ‘fantastiese, godvresende, maagdelike’ dogter om potensiële kêrels te lok

Sy vertel hulle het aangedui hulle hou van mekaar se profiel en begin toe gesels. Nadat hulle telefoonnommers uitgeruil het, het hulle ingestem om saam uit te gaan.

“Nadat ons ooreengekom het en oor die foon gesels het, het iets nie pluis gevoel nie,” erken die vrou. “Hy was te vreemd en ek het begin ongemaklik voel. Die volgende dag het hy ’n paar goed gesê wat my dwars in die krop gesteek het. Dit was die laaste strooi . . .”

Lees ook: Ma takel stigma: ‘My dogter is meer as net die geboortemerk op haar gesig’

Rol af om die hele gesprek te lees. Let asseblief daarop dat van die boodskappe vloekwoorde bevat.

1A

1

2

3

replace4

5

6

7

Het jy al ’n bisarre ervaring met ’n aanlyn afspraak-app soos Tinder gehad? Of het jy ’n treffende storie om te vertel? Of dit nou ’n ongelooflike prestasie is, ’n hartverskeurende struikelblok wat jy moes oorkom het of sommer net iets wat jou laat lag het – deel jou storie met ons en dit verskyn dalk in Huisgenoot of op ons webtuiste.

Klik hier om uit te vind hoe.