Die 57-jarige Nieu-Seelander het na bewering óf aan die aanloopbaan se omheining vasgehou óf baie naby daaraan gestaan toe ’n vliegtuig vanaf die eiland opstyg.

Die kragtige turbinestraal van die vliegtuigenjins het haar agtertoe gooi. Haar kop het die sementsypaadjie getref en sy het ernstige beserings opgedoen. Die vrou is later in die hospitaal oorlede.

Sy was luidens berigte saam met haar gesin op die strand toe die voorval plaasvind.

waarskuwing, sint maartin, laagvliegende vliegtuie, flickr

Rolando Brison, direkteur van toerisme vir die eiland, wou nie bekendmaak saam met wie sy die eiland besoek het nie, maar het wel gesê drie mense “het in die hospitaal getreur”.

Die lughawe is wêreldwyd bekend vir vliegtuie wat die aanloopbaan vanaf ’n skrale 50 m bo die omheining langs die gewilde toeristestrand Maho nader vir landings asook wanneer hulle weer opstyg.

Die polisie patrolleer daagliks die gebied om toeriste van die omheining weg te hou.


Toeriste stroom na die eiland om die opwinding van die skouspelagtige landings eerstehands te ervaar terwyl die reusestralers enkele meters bo hul kop verbygaan.

“Dit is egter uiters gevaarlik,” het die polisie in ’n verklaring gesê. Hulle patrolleer daagliks die gebied om toeriste van die omheining weg te hou.

In 2012 is ’n toeris teen die Jersey-muur geslinger nadat sy ook aan die verbode heining vasgehou het. Sy was gelukkig om met haar lewe van die voorval af te kom.

Meer oor Boeing-stralers se turbinestraal

Boeing-stralers se enjins kan van 4 165 kg tot amper 45 360 kg stukrag lewer. Dit dra by tot die veilige opstyg en landing van die enorme ystervoëls waar temperatuur, hoogte bo seespieël en vrag byvoorbeeld aansienlik van plek tot plek verskil.
 
Die turbinestraal agter die enjin se uitlaatpyp kan ’n snelheid van 603 km per uur oorskry. Teen volle kraglewering is dit selfs moontlik vir die turbinestraal om 61 m ver van die vliegtuig tot 240 km per uur te registreer waarna dit “afneem” tot 161 km per uur.

Bronne: news.com.au, bbc.com, boeing.com