’n Universiteitstudent van Taiwan is blind gelaat nadat sy ses maande lank nie haar kontaklense vervang, uitgehaal of skoongemaak het nie, berig die Daily Mail.

’n Eenselllige organisme het die 23-jarige Lian Kao se oog “weggevreet” en sy het haar oë permanent beskadig.

Dokters was na bewering geskok toe hulle Lian ondersoek en sien ’n amoeba wat tussen die lense en haar oë gegroei het, het die oppervlak van haar oë weggevreet.

Die mikroskopiese organisme wat Lian se oë aangetas het, is die Acanthamoeba en is bekend daarvoor dat hulle aggressiewe infeksies veroorsaak. Die parasiet word algemeen in grond, stof, storte en swembaddens gevind, berig Medical Daily.com.

As kontaklense nie saans uitgehaal, gereeld skoongemaak en gereeld vervang word nie, skep hulle die ideale broeiplek vir vernietigende organismes soos die een wat Lian se oë aangetas het.

Wenke vir kontaklensdraers:

  • Sorg altyd dat jou hande skoon en gewas is voor jy jou lense uithaal, insit of met hulle werk. Vermy sepe of handerome met kunsmatige produkte of parfuums wanneer jy jou hande was.
  • Dra jou kontaklense net so lank soos wat jou dokter voorskryf en vervang hulle sodra hul spertyd bereik is.
  • Vervang ook gereeld die spesiale oplossing waarmee jy jou lense moet skoonmaak en gooi dit weg as dit verby die vervaldatum is.
  • Moet nooit kraanwater of spoeg gebruik om jou lense skoon of vogtig te maak nie. Gebruik slegs die voorgeskrewe oplossing.
  • Sorg ook dat die houertjie waarin jy jou lense stoor skoon bly, en vervang dit elke drie maande.
  • Moenie swem, stort of in ’n borrelbad klim met jou kontaklense in nie.

Bronne: Daily Mail, geteyesmart.org, webmd.com, medicaldaily.com