Kaylene Mann se broer Rod Burrows en skoonsuster Mary Burrows was op vlug MH370 toe dit in Maart verdwyn. Sy het Vrydag uitgevind haar stiefdogter, Maree Rizk, is saam met die 297 ander passasiers dood toe vlug MH17 in die Oekraïne neerstort.

Kaylene se broer Greg Burrows sê die nuus van die tweede tragedie in die familie is “weer ’n geweldige slag”.

Maree en haar man, Albert, was op pad terug Melbourne toe ná ’n vakansie van vier weke in Europa.

- Sapa