’n Vrou is van ’n vliegtuig afgesit omdat sy aanhoudend Whitney Houston-liedjies gesing het.

Die naamlose vrou is in Kansas City van ’n straler afgeskop nadat die vlieënier van ’n American Airlines-vlug van Los Angeles na die John F. Kennedy Internasionale Lughawe in New York verplig was om ’n noodlanding uit te voer, berig Gawker.

’n Woordvoerder vir die Kansas City Internasionale Lughawe sê: “Die vrou was ontwrigtend en is van die vliegtuig verwyder omdat sy met die vlugpersoneel ingemeng het.

“Daar was ’n federale lugmaarskalk op die vliegtuig wat die vrou bedwing en geboei het.”

Die vrou het glo treffers soos I Will Always Love You op die vlug gesing.