Michelle het op Facebook en Instagram geskryf dat ’n internetboelie haatlike kommentaar op haar Facebook-blad gelos het. "Die persoon was nie op my vriendelys nie so ek het geen idee waar sy vandaan kom nie!" skryf Michelle.

"In alle eerlikheid het sy meer diegene ontstel wat my ondersteun en omgee as vir my self," sê sy.

Michelle en Emo het op Nuwejaarsdag verlede jaar afgehaak. "Ek was nog nooit blind tot die feit dat mense nie altyd sal aanvaar of verstaan hoekom ek met iemand van ’n ander kleur getrou het nie," skryf sy verder.

"Ek is oukei daarmee en het vir die meeste van my lewe dit hanteer. Ek verstaan ek is ietwat in die openbare oog en deur my familie en kinders bloot te stel, sit ek hulle ook in die spervuur.

"Dis hoekom ek besluit het om nie ons jongste toevoeging tot die gesin te deel nie, want ek is nie reg vir die haatlike kommentaar wat my kant toe gaan kom nie," het sy geskryf. 

"Ek is oukei daarmee as jy nie hou van my nie, maar ek is nie oukei daarmee as jy dit op my kind uithaal nie. Ek het gans te veel seëninge in my lewe om vir ’n sekonde op vyandige mense te fokus."

Lees haar inskrywing hier:

This past Sunday I had a internet troll write hateful comments on my Facebook page. This person was not on my friends list so I have no idea where she came from! In All honesty, she has managed to upset those that support and care for me , more than me really. I have never been blind to the fact that my decision to marry someone of color will not always be accepted or understood. I'm ok with that and have been dealing with it for a majority of my life. I understand that I'm somewhat in the public eye and that by exposing my family and kids I put them in the firing line to. Hence the reason I made the decision to not share our newest edition as I am not ready for the hateful comments that will come his way. I'm ok if you don't like me, but I'm not ok with you taking it out on my child. I have far to many blessings in my life to for a second focus on the haters. I wanted to say THANK YOU to those that showed support and commented, thank you for defending my honor. And I'm so sorry if you got in the firing line of this person. To the "Lady" or person hiding behind the "stock library image" I pray you don't get into a serious accident one day and need a blood transfusion , how will you ever know if it's from a Black Man. I pray you don't get a life threading illness and need a organ to save your life, it might just be from a Black man! I pray that you find someone to spend Sundays with. To lay in bed with, to raise kids with, to cook with, to clean with, someone to share your blessing with. Someone to keep you busy on a Sunday so you can stay off my Facebook ?? Blessed Day Everyone *New Mommy Blog coming soon.

A post shared by Michelle Gildenhuys Adams (@michellegildenhuys) on

Michelle het sover nog nie kiekies gedeel waar ’n mens hul jongste spruit, ’n vier maande oue seuntjie, se gesig kan sien nie. 

This is why changing a diaper in my house takes way longer than it needs to. I can't get enough of these chubby little legs. My heart ??

A post shared by Michelle Gildenhuys Adams (@michellegildenhuys) on

Die paartjie se skattige eersteling, Kadar Zayn, het vroeër vandeesmaand sy tweede verjaardag gevier.

Today Is The Birthday Of My Beautiful Boy #KadarZayn #Gorgeous2 #Terrible2 #Fast&Furious2

A post shared by emo adams (@emo_adams) on

Talle het Michelle verdedig na die rassistiese voorval. "Mense wat seer het maak ander seer," het ene Annelize Eyre op Facebook laat hoor.

"Dis ’n geveg wat hulle met hulself het. Sy het heel duidelik nie liefde in haar hart nie. Michelle Ann Gildenhuys, Emo Adams, julle is amazing ouers, suksesvolle besigheidsmense met drie pragtige kinders...Dis genoeg om enige negatiewe kommentaar uit te skakel. Bly die liefdevolle omgee mens wat jy is...jy het Jesus in jou hart.

"Iets wat die mense van die wêreld nie sal verstaan nie."