’n Vrou is dood nadat sy van die R57-brug in die Vaalrivier geval en verdrink het, sê paramedici.

Die vrou is op die toneel dood verklaar deur ER24 paramedici "wat niks vir die vrou kon doen toe hulle by die toneel aankom nie," sê Annine Siddall, ER24 woordvoerder.

Twee werknemers van ’n hotel naby die brug het na bewering die vrou sien val teen ongeveer 15:00 Sondagmiddag, sê Siddall.

Die vrou het geen sigbare beserings opgedoen nie, sê Siddall verder.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

Bron: News24