Annine Siddall, ER24-woordvoerder, sê die paramedici het die gewonde vrou ongeveer 23:30 buite haar huis gevind. Die vrou, in haar vroeë 20’s, is in haar bekken gewond. Sy is na die Kalafong-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die saak word ondersoek.